Akademie
|
Graad 12 Gasvryheidstudie-klas
2010 - Grade 1
Die Graad 1's het goed aangepas by die skool.
Many new friends have been made and much work is being done!
Foto's geneem deur Jacques Breedt
Hoërskool Amajuba se 2009 matrieks skitter in die eindeksamen – weer 100% slaagsyfer!
Amajuba het vir die elfde agtereenvolgende jaar ‘n 100% slaagsyfer tydens die matriekeksamen behaal.
Die skool wil alle matrikulante hartlik gelukwens. Hulle het baie hard gewerk en was baie toegewyd. Ook baie dankie aan al die onderwysers vir hulle harde werk.
Van die 21 leerders kwalifiseer 57% vir graadstudie en 43% vir die verwerking van ‘n diploma.
Daar was altesaam 27 A’s, 34 B’s en 31 C’s.
Leerders wat die beste gevaar het, was:
Wikus Theunissen met A’s in Afrikaans Huistaal, Engels eerte addisionele taal, Aardrykskunde, Rekeningkunde en Lewensoriëntering.
Corlia Klynsmith met A’s in Afrikaans Huistaal, Engels eerste addisionele taal, Aardrykskunde, Lewenswetenskappe en Lewensoriëntering.
Zydelia Kleinhans met A’s in Afrikaans Huistaal, Engels eerste addisionele taal, Aardrykskunde en Lewensoriëntering.
Ciske Botha met A’s in Engels eerste addisionele taal, Lewenswetenskappe, Wiskundige geletterdheid en Toerisme.
Martinus Gerber met A’s in Rekenaartoepassingstegnologie, Lewensoriëntering en Toerisme.
|
.png)








